NLU Gemeenskapsprojek van die Jaar
In Mei 1971 het die Rynse Sendingkerk te Bremen ’n kontrak vir 50 jaar met die eienaar van Dordabis Pty Ltd onderteken.
Hierdie ooreenkoms het voorsiening vir 60 hektaar grond gemaak vir die oprigting van ’n skool en ’n koshuis vir kinders van Dordabis en omliggende gebiede. Die projek is destyds deur ’n biskop van Namibië bestuur en het tot April 2021 voortgeduur.
Hoewel die eienaar van Dordabis Pty Ltd bereid was om die kontrak te verleng, is geen nuwe bestuursplan voorgelê nie. Ná ’n inspeksie van die geboue en op aanbeveling van die plaaslike boeregemeenskap, is besluit om die kontrak nie te hernu nie.
Die boere van Dordabis het egter nie stilgesit nie. Hulle het die Start Smart-projek van stapel gestuur en ’n nuwe huurkontrak met Dordabis Pty Ltd aangegaan. Met ondersteuning van plaaslike én internasionale ondersteuners is ’n finansiële grondslag gelê vir die projek.
’n Nuwe bestuursraad is saamgestel, met René Krafft as voorsitter. Ander lede sluit in Rainer en Marianne Seifert, hul dogter Mareike, asook Marianne se broer Bernd Rust en sy vrou, Theda.
Die bestaande skool- en koshuisgeboue was in ’n haglike toestand en ongeskik vir beide leerders en personeel. Die boeregemeenskap het dadelik hande gevat om die geboue van binne en buite op te knap. Elektrisiteit is deur sonkrag voorsien, die badkamers is hernu en die slaapkamers is met nuwe beddens, matrasse, komberse, kaste en ander nodige items toegerus.
’n Groentetuin is aangelê en boere in die omgewing voorsien gereeld onder meer vars groente en vleis. Weeklikse inspeksies verseker dat die geboue in ’n goeie toestand bly en dat hoë standaarde van higiëne gehandhaaf word. Wanneer fondse dit toelaat, word uitstappies na onder andere Swakopmund gereël sodat die kinders die see kan leer ken – vir baie ’n eerste keer.
Met hierdie inisiatief het Start Smart reeds ongeveer 300 kinders, insluitend 115 koshuisinwoners, nuwe hoop en ’n beter lewenskwaliteit gebied. Die kinders het weer entoesiasme vir leer en toon merkbaar beter akademiese prestasie.
Start Smart is ’n sprekende bewys van wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan – ’n ware suksesverhaal. – NLU-mediaverklaring