Hanteerders vereer tydens Grootfontein Skou

Tydens die Grootfontein Skou is die belangrike rol van beeshanteerders erken met pryse geborg deur Megasave C. Botma Trading. Hierdie hanteerders sorg dat die diere veilig en ordelik in die skouring beweeg, wat noodsaaklik is vir die sukses van die skou.

Johannes Klassen van Lared Brahman is met die eerste plek bekroon, gevolg deur Bahuma Mbahee van Danèco Brahman in die tweede plek en Raphael Siwogedi van Makalani Brahman in die derde plek. Hul harde werk en kennis om selfs groot bulle te beheer, wys dat sonder hanteerders die skou eenvoudig nie moontlik sou wees nie.

Advertisments