• Home
  • NEWS
  • Raswenners blink uit by Grootfontein Skou

Raswenners blink uit by Grootfontein Skou

Topgehalte-diere word by die Grootfontein Skou se beesskou vertoon. Agttien van die beste stoettelers het met sowat 180 beeste kom skou en beoordelaars het die hoë standaard van die diere geprys.



Agri Monitor kon gister van die vroulike en manlike diere se raskampioene afneem, maar die afwagting is groot vir die interraskampioene wat vandag aangekondig sal word.



Rasse wat verteenwoordig word sluit onder meer braunvieh, limousin, simbra, charolais, boran, angus, simmentaler, dexter en brahman in. Die Grootfontein Skou eindig vandag.

Advertisments