• Home
  • NEWS
  • Junior Damara ram is Kampioen van Kampioene by Windhoek-skou

Junior Damara ram is Kampioen van Kampioene by Windhoek-skou

Jacques du Toit



In ’n merkwaardige prestasie het die jong Damara-ram van Danie van Vuuren van die Weerlig-stoetboerdery die senior ramme van al die ander rasse in die stof gelaat deur as die Kleinvee Kampioen van Kampioene tydens die Windhoek-skou gekies te word. Die ram se mededinger in die finale rondte was die dorperooi van Broer Maritz van die Maltahöhe-omgewing, wat as die reserwe Kampioen van Kampioene gekies is.



“Die oorwinning is vir my emosioneel en ‘n groot verrassing. Die Damaras het oor die jare gesukkel by die Kampioen van Kampioene. Daar is baie ander rasse wat saam met hulle meeding, en jong diere sukkel dikwels teen senior diere by die interrasse. Maar ek moet eerlik sê, die ram het ons vandag verras.



“Ek wil baie dankie sê aan die Liewe Vader, wat dit moontlik maak dat mens hierdie diere kan teel. ’n Mens kan probeer en beplan soos jy wil met teling, maar uiteindelik is dit ’n geskenk van Bo as jy só ’n dier kan teel,” het Van Vuuren na die aankondiging gesê.



Advertisments