Kuier: Fanie Smit het hierdie “vergadering van die ‘ouderlinge’” afgeneem.
Rustig: Skemer op Langstrand deur Emile Christians se lens.
Skilderagtig: “Otjiwarongo se sonsondergange bly die mooiste in die reënseisoen,” sê Helga Hanssen.
Van toeka se dae: Usakos se watertenk lyk soos iets in ’n fliek, sê Mogamat Salie Saban.
Belowend: Liza van der Merwe het dié foto 20 km oos van Rundu geneem.
Atmosferies: Hierdie Rehoboth-sonsondergang is deur Rachardt Mostert afgeneem.