Medjool-dadels na 15 lande uitgevoer

Medjool-dadels word tans vanaf Februarie tot April in die ||Kharasstreek geoes en na meer as 15 lande uitgevoer. ZZ2 het in 2010 die Medjool-dadelprojek op die plaas Haakiesdoorn in die Karasburg-distrik langs die Oranjerivier gevestig. Die Medjool-dadel, oorspronklik van Marokko, is ’n natuurlike bron van energie, gelaai met vesel, en ryk aan noodsaaklike minerale soos kalium, magnesium en yster. Die dadels is regdeur die jaar beskikbaar en volgens ZZ2 streef hulle daarna om in die groeiende vraag tuis en in die buiteland te voorsien. Foto’s Facebook/ZZ2

Advertisments