Agra, SwiftVEE-vennootskap plaas Namibiese boere in die middel van innovasie
Namibië se mees betroubare landbounaam, Agra Beperk, het ’n baanbrekende gesamentlike onderneming met SwiftVEE, Afrika se grootste webwerf vir vee- en wildhandel, aangegaan.
Hierdie vennootskap kombineer die betroubaarheid en kundigheid van tradisionele veilings met die omvang en krag van aanlyn tegnologie en ontsluit só nuwe geleenthede vir Namibiese boere.
Agra, wat sedert sy ontstaan in die vroeë tagtigerjare ’n pilaar van die Namibiese landbougemeenskap is, het deur dekades se ervaring met vee- en wildveilings die vertroue van boere gewen.
Die onderneming is bekend daarvoor dat hulle topgenetika saamstel, pryse verseker wat markverwant is en gesogte kopers lok. Die maatskappy lewer dus deurgaans waarde waar dit saak maak – op die plaas.
“Ons het ons reputasie gebou op vertroue, ervaring en ’n standvastige verbintenis om boere te dien waar dit saak maak – op die grond, in die krale en by veilings,” het Agra se uitvoerende hoof, Arnold Klein, by die bekendstelling gesê.
“Maar leierskap beteken om te weet wanneer om te ontwikkel. Dit beteken ook om met spesialiste saam te werk waar dit nodig is.”
Nou, met SwiftVEE as vennoot, is Agra gereed om hierdie suksesse te versterk met tegnologie wat reikwydte uitbrei, pryse verbeter en boere met kopers oor die hele vasteland en selfs verder verbind.
“Hierdie vennootskap is ’n spelveranderaar,” sê Russel Luck, die uitvoerende hoof van SwiftVEE. “Ons voeg nie net tegnologie by nie; ons versterk die ekosisteem wat boere, agente en kopers bemagtig. Almal wen wanneer die regte diere by die regte kopers op die regte tyd uitkom – of hulle nou in Windhoek, Pretoria of Nairobi is.”
Die samewerking bring Agra se veilingkundigheid en diep plaaslike insig saam met SwiftVEE se gevorderde digitale platform, insluitend algoritmes en datawetenskap wat kopers en verkopers doeltreffend verbind.
Volgens Luck: “Ons gebruik datawetenskap om optimale pryse vir vee te behaal en ons doen dit altyd saam met ’n veilingsagent – dit is die kern tot vertroue in die waardeketting.”
Namibiese boere kan verwag om steeds die persoonlike diens en veilingkundigheid van Agra te ontvang, tesame met toegang tot SwiftVEE se aanlyn stelsel wat veilings aan duisende aktiewe kopers blootstel. Verder sluit die voordele regstreekse aanlyn bieëry, data-ontleding vir slimmer verkope en bemarkingsinstrumente soos sosiale media, e-posveldtogte en WhatsApp-uitreik in.
“Wat dit vir ons boere beteken,” sê Klein, “is dat hulle steeds Agra se vertroude span kry – ons kundigheid, ons toewyding aan genetiese gehalte, deursigtige pryse en vervoer – alles nou versterk deur globale tegnologie. Dit is ’n samesmelting van algoritmes en veilingkrale.”
SwiftVEE, wat reeds in meer as 50 agentskappe oraloor Afrika funksioneer, het sedert sy ontstaan in Suid-Afrika meer as 100% jaar-tot-jaar groei getoon. Die maatskappy is ook besig om na Oos-Afrika en die VSA uit te brei.
“Ons het hierdie pad begin toe niemand nog geglo het mense sou vee op ’n toepassing (app) koop nie,” het Luck gesê.
“Maar ek het altyd geweet – boere ken goeie besigheid, want dit is een van die moeilikste sektore om in te oorleef. En goeie besigheid maak altyd sin.”By die bekendstelling het Klein afgesluit: “Soos ons missie aandui, is Agra hier om die maatstaf te stel. Hierdie vennootskap stel ons in staat om relevant, mededingend en boergefokus te bly. Dit is nie net ’n bekendstelling nie – dit is ’n begin. ’n Gekoppelde, digitale, samewerkende toekoms waar Namibiese boere nie aan die kantlyn staan nie, maar in die middel van innovasie.”