Hengari is nuwe landbouminister
Mac Albert Hengari

Hengari is nuwe landbouminister

Die nuwe minister van landbou, visserye, water en grondhervorming is dr. Mac Albert Hengari.

Hy is deur die nuwe president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangestel. Hengari is ‘n akademikus en hernubare energiebestuurder met meer as 20 jaar se ondervinding. Hy het tot onlangs gedien as die voorsitter van Alpha Namibia Industries Renewable Power Ltd (Anirep), ’n maatskappy wat op hernubare energie-oplossings fokus. Hy het ook sleutelposisies beklee as die direkteur van die Namibië Sakeskool en as die hoofekonoom by die Namibië Beleggingsentrum.

Hy het ’n MBA van die Universiteit van Bristol en ’n nagraadse graad van die Universiteit van Surrey. Toe Agri Monitor die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, se mening oor sy opvolger gevra is, het hy geantwoord: "Ek ken hom glad nie." Foto Parlement van Namibië

Advertisments