Jagseisoen deur kabinet goedgekeur (Agri Monitor)
APPROVED: The hunting season has been approved by the Cabinet. Photo: NAPHA

Jagseisoen deur kabinet goedgekeur (Agri Monitor)

Die kabinet het die aankondiging van die jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur, wat die jag van verskeie wildspesies op kommersiële plase en geregistreerde kommunale bewaringsgebiede toelaat.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, het dit in die jongste kabinetsbeslissings ná hul tweede vergadering op 8 April aangekondig.

Jagbare wildspesies kan oor die tydperk van 1 Mei tot 31 Augustus gejag word op kommersiële plase groter as 1 000 hektaar, omheim met wildwerende heinings en op geregistreerde kommunale bewaringsgebiede waar kwotas vir jagbare wildspesies goedgekeur is.

Ook kan jagbare wildspesies op plase groter as 1 000 hektaar met gewone veeheinings vanaf 1 Junie tot 31 Julie gejag word.



JAGTROFEë VRYGESTEL VAN VSA TARIEWE

Die Namibië Professionele Jagtersvereniging het belanghebbendes verseker dat jagtrofeë vrygestel is van die VSA se beleid oor strafhandelstariewe.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het wat hy genoem het “wederkerige tariewe” van 21% op Namibiese produkte ingestel.

In hul jongste nuusbrief is ’n brief van die nasionale koördineerder van Coopersmith Global Logistics, Michael Coppersmith, gepubliseer waarin hy skryf dat persoonlike sportjagbesendings vrygestel word van die nuut geïmplementeerde tariewe.

“Neem asseblief kennis dat gekoopte items soos kunsvoorwerpe, trofeë in voorraad en items gemaak van diereprodukte nie vrygestel is nie,” het hy gesê.

Coppersmith het gesê hierdie ontwikkeling verseker dat die verskepingsproses vir sportjagtrofeë ononderbroke sal bly deur die onlangse tariefveranderings, wat help om logistieke reëlings stroombelyn te maak en bykomende koste vir versendings te verminder.

Coppersmith is ’n internasionale verskepingsvennoot wat in Amerikaanse doeane-diensverskaffing, internasionale vragversending en deur-tot-deur-logistiek spesialiseer.

Met kantore in alle groot Amerikaanse hawens en ’n netwerk van agente oraloor die wêreld, bied Coppersmith volledige invoer- en uitvoerverskepingsdienste. – ellanie@nmh-hub.com.na

Advertisments