• Home
  • LABOUR
  • Kongres van die Landbouwerkgewersvereniging op 10 Junie in Windhoek (Agri Monitor)
Kongres van die Landbouwerkgewersvereniging op 10 Junie in Windhoek (Agri Monitor)
Foto ter illustrasie argief

Kongres van die Landbouwerkgewersvereniging op 10 Junie in Windhoek (Agri Monitor)

Die 37ste Jaarlikse Kongres van die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) vind op Dinsdag, 10 Junie by Arebbusch Lodge in Windhoek plaas.

Die tema van vanjaar se kongres is “Geestesgesondheid op plase”, met spesifieke fokus op die voorkoms van verslawing, trauma en geestesongesondheid in die landbou-omgewing. Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), sal die kongres open, terwyl pastoor Wimpie Vernooy as hoofspreker sal optree. Sy aanbieding fokus op wat elke plaasbestuurder behoort te weet oor geestesgesondheid en hoe hierdie kwessies betyds geïdentifiseer en hanteer kan word.

Tydens die geslote sessie van die kongres sal daar ook groepbesprekings plaasvind oor die nuwe Nasionale minimumloon wat op 1 Januarie 2025 in werking getree het. Deelnemers sal in groepe verdeel word om saam te dinkskrum oor die toekomstige implikasies van hierdie ontwikkeling vir die landbousektor.

Alle boereverenigings wat by die NLU geaffilieer is, is geregtig om afgevaardigdes na die kongres te stuur, mits hulle aan die vereistes van artikel 6 van die NLU-grondwet voldoen:

• Verenigings met 15 tot 25 geregistreerde lede: Een afgevaardigde;

• Verenigings met 26 tot 50 lede: Twee afgevaardigdes;

• Verenigings met 51 tot 100 lede: Drie afgevaardigdes.

Die registrasiefooi beloop N$550 per afgevaardigde en die voltooide registrasievorms moet die LWV-kantoor teen 30 Mei 2025 bereik.

Kongresdokumentasie sal elektronies aan afgevaardigdes gestuur word sodra hul registrasie deur die LWV-kantoor bevestig is. Gedrukte dokumentasie sal ook by die kongres vir elke afgevaardigde beskikbaar wees.

Vir verdere navrae kontak Danie van Vuuren, hoofbeampte van die LWV, by 082 409 9320 of per e-pos by danie@nau.com.na. - Namibië Landbou-unie

Advertisments