NLU staan NamPower se tariefverhoging teen
Gegewe die huidige stand van die ekonomie, die hoë werkloosheidsyfer en die uitdagings waarin die landbousektor homself nou bevind na die vorige swak reënseisoen, het die Namibië Landbou-unie (NLU) namens sy lede ernstig beswaar gemaak teen NamPower se buitensporige groot verhoging van 17,44%.
“NamPower vra vanjaar vir ’n verhoging van 17,44%, wat ongeveer drie keer die huidige inflasiekoers van sowat 6% is. Dit sal die huidige tarief van 198,56c/kWh verhoog na 233,18c/kWh.
“NamPower het daarop gewys dat daar geen tariefverhogings laas jaar was nie, nadat die ECB die 8,7% aanpassing wat goedgekeur was, teruggetrek het,” lui die NLU se nuusbrief.
“Hulle het ook genoem dat die ongeveer N$1 miljard uitstaande skuld van verbruikers nie deel van die tariefverhoging uitmaak nie. Verder het NamPower bevestig dat Namibië vir die afsienbare toekoms geen gevaar loop van kragtekorte en gevolglike beurtkrag nie.”
Op 5 Maart het ’n konsultasievergadering van rolspelers plaasgevind, waartydens NamPower hul jaarlikse voorlegging vir die aanpassing van grootmaatkragtariewe vir die 2025-’26-boekjaar aan die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) vir goedkeuring voorgelê het.
“Die ECB moet dit dan oorweeg en ’n tarief vir NamPower teen 30 April goedkeur. Gebaseer op hierdie goedgekeurde grootmaattarief van NamPower, moet die ander kragvoorsieners, soos die streekelektrisiteitsverspreiders (RED’s) en plaaslike owerhede, ook hul aansoeke vir kragaanpassings aan die ECB voorlê vir goedkeuring.”
Die Akkerbouprodusente-vereniging het onlangs te kenne gegee dat koring nie meer in die Noorde verbou word nie, weens die hemelhoë kragtariewe wat verbouing nie volhoubaar maak nie.
Die NLU sê dit glo en vertrou dat die ECB die stand van die land se ekonomie en die besware van rolspelers deeglik in ag sal neem en ’n verantwoordelike kragtarief sal goedkeur vir inwerkingtreding op 1 Julie 2025.
– francoise@nmh.com.na