Namibia Grape Company oorhandig dividend van N$10 m.
’n Geskiedkundige mylpaal is bereik toe die Nasionale Jeugdiens (NYS) sy eerste dividenduitbetaling van N$10 miljoen van sy filiaal, die Namibia Grape Company (NGC), ontvang het.
Gedurende die 2024-boekjaar het NGC besonder goed gevaar en meer as twee miljoen kartonne tafeldruiwe by sy plaas by Aussenkehr langs die Oranjerivier verpak.
“Hierdie groei het daartoe gelei dat 548 vraghouers deur die hawe van Walvisbaai verskeep is – wat ’n toename van 43% verteenwoordig vanaf die 2023–’24-seisoen,” het Richwell Lukonga, die voorsitter van die NGC-raad tydens die oorhandiging gesê.
“NGC dra steeds betekenisvol by tot die nasionale ekonomie en verskaf tans werksgeleenthede aan meer as 1 200 Namibiërs tydens piekseisoen,” het hy gesê.
Benewens die dividend van N$10 miljoen, sal NGC ook N$8 miljoen se huur aan NYS betaal ter nakoming van sy kontraktuele verpligtinge.
Lukonga het die belangrikheid van hierdie prestasie beklemtoon, asook dat een van die raad se sleutelmandate was om die bestuurs- en bemarkingsvennootskapooreenkoms tussen NGC en Capespan te hersien en te versterk.
“Die hersiene ooreenkoms is in 2024 gefinaliseer en onderteken, wat gelei het tot verbeterde opbrengste vir die aandeelhouer.”
Hierdie geskiedkundige gebeurtenis is ’n belangrike mylpaal in NYS se reis na finansiële volhoubaarheid en betekenisvolle ontwikkeling vir die jeug, het Tobias Nambala, ’n lid van die NYS-raad, gesê.
Hy het die dividend namens NYS ontvang en die oomblik as ’n viering van gedeelde visie en gesamentlike verbintenis tussen die NYS en NGC beskryf.
“Hierdie belangrike geleentheid beklemtoon die sukses van ons vennootskap. Die dividend wat ontvang is, sal ’n deurslaggewende rol speel om ons mandaat op die verskeie maniere te versterk.”
Nambala sê dit ondersteun die ontwikkeling van geskoolde, indiensneembare en entrepreneuriese jeug deur herbelegging in verhoogde program-inname en verbeterde opleidingsgeriewe.
Nambala sê die bevordering van landbouproduksie geskied deur die verkryging van spilpunte om volhoubaarheid te bevorder en tot nasionale voedselsekerheid by te dra.
Hy sê werksgeleenthede word geskep, asook internskapgeleenthede vir plasings van NYS-leerlinge en -studente van ander instellings.
TAFELDRUIWE FLOREER
Volgens die Namibiese Vereniging vir Tafeldruiweprodusente (NGGA) is 8,5 miljoen kartonne tafeldruiwe van 4,5 kg elk uitgevoer.
Sy uitvoermarkte is hoofsaaklik 40% na Europa, 20% elk na die Verenigde Koninkryk (VK) en die Midde-Ooste, die Verre Ooste 5%, Kanada 2% en ander 12%. Namibiërs maak slegs 1% van die mark uit.
Volgens die NGGA was die 2024-’25-oesjaar nie ’n rekord-oesseisoen nie. Die 8,5 miljoen kartonne van die 2024-’25-oesjaar is minder as die 9,1 miljoen kartonne van die vorige oesjaar. Die rekord-oesjaar bly steeds 2020-’21-seisoen, volgens die NGGA.
Tafeldruiweproduksie van sowat 46 kultivars is hoofsaaklik langs die Oranjerivier by Komsberg, Noordoewer en Aussenkehr en druiweboorde beslaan altesaam 2 281 hektaar in die land.
Volgens uitvoerders is die druiwe baie vinniger as verlede jaar by markte afgelewer, wat gelei het tot gereelde aflewerings deur die seisoen.
Dit was ook een van die beste beplande logistieke seisoene, met aansienlike uitvoere uit die Walvisbaaise hawe. Besendings deur Walvisbaai het druk op die hawe van Kaapstad verlig wat ook ’n beduidende aantal vraghouers uit Namibië hanteer het.
Sommige logistieke maatskappye het beide hawens vir vraghouerverskepings vanaf Namibië gebruik.
– francoise@nmh.com.na