• Home
  • NEWS
  • Agra Landbou-akademie breek rekord (Agri Monitor)

Agra Landbou-akademie breek rekord (Agri Monitor)

Die Agra Landbou-akademie se gradeplegtigheid by die Agra Bank Winidhoek Ring by die Windhoekse skougronde op Vrydag, 7 Maart het 'n rekord laat spat. Hierdie mylpaalgeleentheid het die akademie se grootste klas van 25 studente tot nog toe gevier. Onder die vaandel Agra Provision, speel die akademie 'n belangrike rol in die ontwikkeling van vaardige professionele persone om Namibië se landbousektor te versterk. Dit is die vyfde groep studente wat hul nasionale sertifikate en diplomas in verskeie landbouvelde ontvang het. Dit is geakkrediteer deur die Internasionale Landbou-akademie vir Afrika. Foto's en video Wilma Iita

Advertisments